Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Waarheen is beplanningsafdeling op pad?

Waarheen is beplanningsafdeling op pad?
 
2007-08-02


IN die brief “speed up passing building plans”, word gepraat van bouplanne wat tussen ses weke en ses maande neem om goedgekeur te word. U is baie optimisties.

Ek wil ‘n doodgewone enkelmotorhuis op ‘n wettige wyse bou en dien toe ‘n plan in op 6 September 2006.

In Februarie vanjaar, na verskeie navrae, word ek meegedeel dat ek in terme van een of ander regulasie nie net ‘n motorhuis alleen op ‘n erf mag bou nie, ek moet eers ‘n plan indien vir ‘n hoofwoning ook.

Ek het onmiddellik hiervan werk gemaak en so gedoen. Intussen moes ek handtekeninge en nog wat ook verkry en elke keer wat ek navraag doen, is die plan net by ‘n volgende afdeling of persoon.
Ek ondervind dieselfde probleem met ‘n tweede aanbouing wat ek wil doen en waarvan die plan reeds op 6 Maart 2007 ingedien is.

Die buurman moes teken dat ek die boulyn mag oorskry en goeie buurman wat hy is, het hy dit met graagte geteken en nou is die dokument weg!

Kan die Beplanningsafdeling nie net konsolideer en besluit wat is die reëls en regulasies, dit beskikbaar maak wanneer jy ‘n plan indien en dit dan as ‘n voorwaarde stel dat indien jou voorgenome plan aan alles voldoen, dit onmiddellik goedgekeur word nie?

Hoekom moet jy maande wag en wanneer jy begin navraag doen, dan dop daar dosyne vrae en skynbare tekortkominge uit?

Van regeringskant af word gereeld verkondig dat elke ondernemer en individu betrokke moet raak en help bou om die ekonomie te help groei, maar dit gaan niks help as die plaaslike owerhede nie ook inkoop en hulle huis in orde kry nie.

Ek begin dink dit is makliker om liewer onwettig te bou.

Moedeloos planne ingedien

Die munisipale woordvoerder reageer:
Die bouplan vir die motorhuis is eerste ingedien. In terme van Klousule 60 van die Paarl Dorpsbeplanningskemaregulasies kan buitegeboue nie opgerig word sonder die gelyktydige of voorafoprigting van ‘n woning nie. Die bouplan vir die woonhuis is daarna ingedien en albei bouplanne is intussen goedgekeur.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za