Leefstyl kalender
2007-08-02
Slow Weekend. From 9 to 12 August time will go by slowly in Robertson Wine Valley when the inaugural Robertson Slow will take place. Nineteen wineries from Ashton, Bonnievale, McGregor and Robertson will welcome visitors into their homes, to their dining tables and onto their farms. Call 021-625-1108.
Diabetes. Die Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep hou ’n vergadering op Woensdag 15 Augustus om 19:00 in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl. Die onderwerp is neuropatie met spreker dr Wim Gericke. Belangstellendes vergader die derde Woensdag van die maand en bywonings is gratis. Navrae by Kamaretha Beckert 021-871-1808 of Gerrit Malan 021-871-1389.
Blomme. Die gebruik van kruie en blomme in geregte vir die tafel word Vrydag 17 Augustus in Kikka restaurant in die Paarl gedemonstreer. Kaartjies teen R120 (R135 nie-lede) sluit benewens die demonstrasies, ook glühwein in by aankoms om 09:30 vir 10:00, en ’n drie-gang ete. Beperkte kaartjies is vir die tuinboufunksie beskikbaar. Die afsnydatum is Maandag 13 Augustus. Bespreek by Martha Roux by 021-863-1479 of by Trucia O’Grady by 021-872-8101 en 082-393-1840.
Blomontwerp. Die Paarl Blommeklub vergader Dinsdagaand om 19:00 in die NG kerksaal te Kotzestraat, Denneburg. ’n Demonstrasie in moderne blomontwerp sal aangebied word met die tema “Vakansie-eggo’s”. Lede rangskik “Langs stille waters”. Geniet die aand met tee en verversings. Skakel Pieter Coetzee by 872-5171 of Bessie van Zyl 872-6864.
More
News
|