Vul inkomste aan met handwerk
2007-08-02
DIE Cultivariafees bied vanjaar vir entrepreneurs die geleentheid om hul inkomste aan te vul.
Die feesorganiseerders is op soek na mense wat Suid-Afrikaanse handgemaakte produkte vervaardig of versprei, asook na kosstalletjies met interessante geregte.
Hulle is spesifiek ook op soek na iemand wat ware Bolandse kos, soos waterblommetjies, aan besoekers wil verkoop. Belangstellendes en veral skole kan Heinrich von Wielligh kontak by 021-872-9754 of admin@cultivaria.com. Ruimte is beperk en aansoeke sluit 14 Augustus.
More
News
|