Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bester nuwe SA fietsrykampioen

Bester nuwe SA fietsrykampioen
 
2005-03-09


DIE Paarl Fietsryklub spog met ’n nuwe SA kampioen.
Marius Bester het die afgelope naweek tydens die SA Padfietskampioenskappe die o.16-afdeling gewen.

Tagtig fietsryers het aan dié wedren van 84km deelgeneem en die roete wat om die Uniegeboue gestrek het, is deur fietsrykenners as baie moeilik bestempel.

Bester het ná die 20km-merk saam met nog 11 deelnemers van die bondel weggebreek.

Hulle is egter 10km later weer deur ’n groep van 20 ryers ingehaal. Dié groep het tot die einde bymekaar gebly, met ’n spannende naelrit vir die wenstreep wat oortuigend deur Bester gewen is.

Bradley Potgieter van Kwazulu-Natal en die Vrystater, David Maree was onderskeidelik tweede en derde.

Die jong Paarliet skryf sy sukses toe aan toegewyde oe-fening, 60km tot 80km daagliks, asook spoedoefening op die baan.

Bester, ’n skolier aan Hoër Jongenskool Paarl, se volgende mikpunt is ’n goeie tyd in die naweek se Argus Fietstoer, en daarna fokus hy op die SA Baanfietskampioenskappe wat einde April in Bellville gehou word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za