Praat die taal van die Nama
2007-08-02
IS dit jou wens om hierdie jaar erfenisdag meer as net nog ‘n vakansiedag te beskou?
Het jy nog altyd ‘n warm belangstelling getoon vir inheemse tale. Of wil jy dalk vir die eerste keer meer hieroor leer?
‘n Basiese inleiding tot die Nama taal oor vier Saterdae word gratis aangebied.
Die datum en plek kan nog nie verskaf word nie. Dit sal met die 30 belangstellendes bespreek word en dan bepaal word.
Hierdie kursus sal jou help om begrip en waardering van die Nama taal aan te kweek en sodoende te verseker dat ‘n kosbare taalerfenis nie verlore gaan nie.
Elke sessie duur vier ure.
Kursusnotas en ‘n CD word aan die einde van die kursus aan kursusgangers gegee om self-leer na die kursus te bevorder.
Daar is slegs plek vir 30 persone van die Paarl en omliggende areas en koste is gratis.
Kom leer daarmee saam meer oor die trotse, ryke kultuurerfenis van die Khoi-San.
Vir meer besonderhede oor die kursus, kontak Carmen Hartogh by 083-356-2645 of e-pos hartogh@starmail.co.za of Andre Smith by 083-308-9165 of e-pos arniesmith@gmail.com.
More
News
|