Newton klop voorloper in liga
2007-08-02
DIE eerste span van Newton Rugbyklub het verlede Vrydag tydens ’n wegwedstryd teen Rawsonville United naelskraap met 12-11 gewen.
Alhoewel die triestige weer goeie, konstruktiewe hardlooprugby so te sê in die wiele gery het, was die dodelike verdediging van die besoekende span ’n ooglopende kenmerk van die wedstryd.
Die senter Llewellyn Davids was een van die uitblinkers in Newton se agterlyn en is beloon met twee drieë. Christo Fransman, die losskakel, het met een doelskop geslaag.
* Newton Rugbyklub speel môre weg teen Ceres United. Die bus vertrek om 17:00 vanaf 1Up Supermark. Vir inligting, skakel Athol Ontong by 083-358-1784.
More
News
|