Standards klop Vineyards
2007-08-02
DIE eerste span van Young Standards Rugbyklub het Saterdag tydens æn klipharde wedstryd die botoon gevoer teen 'n begeesterde span van Vineyards.
Die wedstryd was gekenmerk deur harde, maar skoon, rugby. Standards het wel die meeste van die spel dikteer, maar dit was Vineyards wat eerste punte aangeteken het om teen rustyd 5-0 voor te loop.
Volgehoue druk deur Standards het in die tweede helfte vrugte afgewerp met 'n drie deur Brenton van Schoor. Bevan Francis het die drie verdoel om Standards met 7-5 te laat seëvier.
Young Standards se tweede span het 22-0 gewen terwyl die derde span 32-0 gewen het.
* Standards speel Saterdag teen Richmond Rangers op Daljosafat.
More
News
|