Interskole skop vandag af
2007-08-02
DIE jaarlike interskolekragmeting tussen HJS en Gim het reeds gisteraand met mening afgeskop met die oudstudentewedstryde by Brugstraat.
Verskeie reüniegroepe benut ook die geleentheid om mekaar na tien, twintig, dertig of veertig jaar en meer te sien. Die oudste groepe is dié van 1947.
Vandag spring die laerskole aanmekaar van 12:30 by Faurestraat, met die o.13A wedstryd om 19:00.
Die oudstudente speel ook vandag gholf by Paarl gholfklub van 11:00. Môremiddag word op die rugbyveld kragte gemeet by Brugstraat van 13:45.
Die jaarlikse Groot Brag dinees vind Vrydagaand om 18:30 vir 19:00. HJS is in die Paarl Stadsaal en Gimnasium se dinee is in die CR saal by die skool. Almal is welkom, oudstudente, ouers en ondersteuners.
Saterdagoggend is dit die seunshokkie by HJS van 08:30, en 12:00 begin die rugbywedstryde op die Faurestraat stadion.
Die stryd sluit af met die Kry-mekaar Saterdagaand na afloop van die hoofwedstryd, en Sondagoggend met kerkdienste vir die reüniegroepe.
* Onder die reüniegreoepe wat hierdie naweek in die Paarl is, is die 1977 matrieks van Hoër Meisieskool wat Saterdag by Laborierestaurant byeen is. Navrae by Joannie (Smit) mouton by 082-333-0448.
Die 1987 Paarl Gimnasium matrieks is vanaand by die skool se klubhuis byeen (navare by Melanie by 082-856-2555,
Die 1997 matrieks van La Rochelle geniet vanaand 'n byeenkoms by die skool. Rig navrae aan Amanda Barker by 082-419-7231.
More
News
|