Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples wen taai naelbytstryd

Young Peoples wen taai naelbytstryd
 
2007-08-02


DIE eerste span van Young Peoples Rugbyklub het die afgelope naweek op ’n swaar, nat veld alles in die stryd gewerp om Albions net-net met 12-11 te klop.

Albions het vroeg in die wedstryd hul staatmaker-skrumskakel, Dominic Daniels, weens ’n kniebesering verloor en moes dus sonder ’n erkende stelskopper klaarkom.

Alhoewel Peoples teen rustyd 6-3 agter was, het hulle in die tweede helfte teruggeveg om die wedstryd in hulle guns te laat swaai.
Albions se verdediging was stewig en het hul opponente geen deurkomkans gegee nie.

Albions het wel een drie deur Christopher September gedruk om hul neuse vir ’n oomblik voor te kry, maar die hoeveelheid strafskoppe wat hulle afgestaan het, het Peoples die geleentheid gegee om die voortou te neem en ook die wedstryd te beklink.

Delwayne Cornelissen van Young Peoples het met vier strafskoppe geslaag.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za