Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Afskeid van klein Cameron

Afskeid van klein Cameron
 
2005-06-02


HONDERDE roubeklaers het Sondag by die wit doodskissie in Paarl-Oos stilgestaan, en met hartseer afskeid geneem, van die meisietjie met die fyngevlegte haartjies.

Cameron Chordnum (2) het die vorige naweek wreed gesterf, nadat sy in Chicago verkrag en vermoor is, na bewering in haar pa se slaapkamer.

Haar ma, Rozanne Chordnum (18), kon saam met haar ouers van Eersterivier die dogtertjie groet.

Die pa, Shaun Arendse (21) van Impalastraat 20, is verlof geweier om uit aanhou- ding in die Allandale Gevangenis gelaat te word vir die begrafnis uit die Sewendedag Adventistekerk.

Arendse het Maandag in die Paarl landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting en onsedelike aanranding.

Daar was doodse stilte in die hof toe hy uit die selle gelei is en met sy hande styf agter sy rug gevou, in die beskuldigdebank gaan staan het.

Hy het telkens half omgedraai en na sy moeder in die besoekersbanke gekyk. Dan het hy sy hande voor sy maag in mekaar gewring, en voor hom na die landdros gestaar.

Arendse is nie gevra om te pleit nie en die saak is tot Maandag uitgestel, wanneer ’n aansoek om borgtog gebring sal word.

Ondersoekbeamptes glo dat die uitslag van forensiese toetse, wat eersdaags beskikbaar sal wees, deurslaggewend sal wees in die saak.

* The little girl who died after being raped was buried this week.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za