Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skeidsregter se blapsie knip goeie kragmeting kort

Skeidsregter se blapsie knip goeie kragmeting kort
 
2007-08-02


MET goeie seges oor Milnerton en Rangers agter die rug het Young Gardens Rugbyklub die afgelope naweek tuis met Windmeul afgereken.

Die begeesterde Gardens-span het die spelpatroon en tempo van die begin af dikteer, maar goeie verdediging aan die kant van Windmeul het sake vir die tuisspan redelik bemoeilik.

Ten spyte van die ongure weer het altwee spanne vloeiende, hardlooprugby gespeel.

Die wedstryd is egter 17 minute voor die eindfluitjie beëindig ná daar nie eenstemmigheid tussen die kapteine bereik kon word met betrekking tot ’n besluit wat deur die skeidsregter geneem is nie.

’n Speler van Gardens het twee geel kaarte ontvang, maar het nie ’n rooi kaart vir sy tweede oortreding gekry nie, wat uiteindelik gelei het tot ’n sogenaamde “kapteinstwis” en die afblaas van die wedstryd.

Gardens het dus die wedstryd op ’n tegniese punt 14-8 gewen.

Die tweede en derde spanne van Gardens het hulle kragmetings 17-7 en 6-5 gewen.

* Gardens Rugbyklub speel Saterdag weg teen Young Wesleys. Die bus vertrek om 11:30. Vir inligting, skakel Godfrey Gertze by 084-618-9072.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za