Steil pad na Loftus vir Boland
2007-08-02
Jacques Rossouw
DIE Boland Kavaliers het verlede Saterdag in Kimberley gesneuwel nadat die Wildeklawer Griekwas hulle met 43-32 geklop het.
Alhoewel die Bolanders nie daarin geslaag het om hul teenstanders ore aan te sit nie, het hulle tóg een bonuspunt uit die wedstryd geneem om tans bo die Westelike Provinsie en die Valke op die Curriebeker punteleer te lê.
John Daniels, Renfred Dazel, Dries van Schalkwyk en die kaptein, Conrad Burke, het drieë vir die Kavaliers gedruk.
Isma-eel Dollie het drie doelskoppe en twee strafdoele oorgeklits.
Boland speel Saterdag teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld en sal moet uithaal en wys om ’n impak in hierdie kragmeting te maak.
Alhoewel die Bulle swaar getref is deur wêreldbeker-verpligtinge, bly hulle steeds ’n gedugte span wat voor in die ry staan om vanjaar se kompetisie te wen.
More
News
|