Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim-sege bou vertroue

Gim-sege bou vertroue
 
2007-08-02

Jacques Rossouw

DIE eerste rugbyspan van Paarl Gimnasium het verlede Saterdag tydens ’n tuiswedstryd hul veelsydigheid en vernuf ten toon gestel toe hulle Bishops met 25-7 geklop het.

Die voorspelers van dié Paarl-span het hul bedoelinge vroeg duidelik gemaak, veral met die jaarlikse interskole teen Boishaai wat hierdie naweek plaasvind.

Gim se verdediging was deurentyd bestendig en het die Kapenaars maar bitter min geleentheid gegee om die bal agterlangs vrylik te versprei.

Die ligter pak voorspelers van Bishops het by tye die tuisspan op die agtervoet gehad, maar het min sukses behaal om die verdedigingslyn te breek.

Uiteindelik was dit slegs die losskakel van Bishops, Doug Mallet (seun van voormalige Springbok-afrigter, Nick Mallet), wat ’n drie vir die besoekers kon druk. Hy het dit self ook verdoel.

Jacobus Rossouw (slot), Marchant Genis (heelagter) en Jurgen Visser (losskakel) het Gim se drieë gedruk. Visser het ook met twee doel- en twee strafskoppe geslaag.

* Die kragmeting tussen Hoër Jongenskool Paarl en Wynberg is verlede Saterdag weens swak weer uitgestel. Of hierdie blaaskans uiteindelik vir HJS iets ekstra in die sakkie gaan bring, sal Saterdag by Faurestraat meer duidelik wees (ander uitslae van skolerugby in SportTelbord op bl.30).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za