Kunskalender
2007-08-08
Keramiek. ’n Uitstalling van keramiek by De Kraal Galery in Hoofstraat, Suider-Paarl, sluit Saterdag. Van die top keramiekkunstenaars in die land, soos Hennie Meyer, Ann Marais, Diana Heesom-Green, Hyme Rabinowitz, Christina Bryer en vele ander, stal uit. Ou Meul-teater. Die eenmanvertoning deur Marianne Kitching, ’n Venster vol Son, is 15 Augustus in die Ou Meul- teater in die Paarl. Die vertoning is gebaseer op die herstel van Alexa Kirsten van Wellington na ’n wrede aanval en aangepas vir die verhoog deur mede-Wellingtonner Winnie Rust. Skakel Marianne by 021-864-5241 of 083-564-2041. Uitstalling. ’n Spesial fotografie-uitstalling “Voëls van die Overberg” deur MC Botha open vandag by die Overberg kunsgalery in Aberdeenstraat, Hermanus, as deel van die Kalfiefees. Die uitstalling duur tot 25 Augustus. Exhibition: Works from the Bloemhof Art Collection featuring works from South African artists like Maggie Laubser, Florence Zerfi, Hugo Naude, Gregoire Boonzaier, JH Pierneef, Alexis Preller, Cecil Higgs and Alfred Krentz, are on view at the Sasol Art Museum in Stellenbosch until 25 August.
More
News
|