Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions lewer beter spel

Albions lewer beter spel
 
2007-08-08


DIE eerste rugbyspan van Albions het die afgelope naweek hul wegwedstryd teen Scottsdene gemaklik met 22-13 gewen.

Albions, wat bekend is vir hulle witwarm hardlooprugby, het ’n beter vertoning gelewer as dié van verlede week.

Alhoewel die besoekers teen rustyd 8-5 agter was, het hulle egter gedurende die tweede helfte hul werklike kleure begin wys.

Alfredo Adams, Hayden van Rooyen en Ashley Manuel het elkeen agter Scottsdene se doellyn gaan draai terwyl Lincoln du Preez een straf- en twee doelskoppe oorgeskop het.

Die tweede span van Albions het sleg pak gekry tydens hul 41-26 nederlaag terwyl Albions III 10-5 verloor het.

* Albions Rugbyklub het Saterdag ’n loslootjie en speel volgende naweek weg teen Hamlets (Mamre).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za