Blues pimpel en pers
2007-08-08
DIE rugbyspanne van Lower Paarl Rugbyklub (Blues) het verlede Vrydag by Daljosafat swaar gekry teen Sir Lowry wat hulle oortuigend geklop het.
Die besoekers se voorspelers het die Blues ore aangesit om die wedstryd sodoende te domineer.
Alhoewel die Paarliete se agterlyn bestendig vertoon het, kon hulle egter nie die golf van Sir Lowry se aanvalle stuit nie.
Die Blues se eerstespan is tydens een van hul swakste vertonings tot dusver met 33-0 verneder.
Die tweede en derde spanne het nie veel beter gevaar nie en het onderskeidelik 35-3 en 31-3 verloor.
* Lower Paarl se volgende wedstryd is 18 Augustus teen Eersterivier by Daljosafat.
More
News
|