Dit is met leedwese....
2007-08-08
DIT is met leedwese dat ek aankondig die dood van alle goeie herinneringe aan oud-raadslid André F de Villiers (sien “Hartseer oor dood van demokrasie” Paarl Post 2 Augustus).
Die vraag is net waarom hy skielik met anachronistiese politieke slagspreuke soos ‘n gees uit die onderwêreld herrys onder die doodsbanier van die demokrasie?
So, al die partye was dit eens dat die huidige munisipale bestuurder die beste kandidaat was?
Oud-raadslid De Villiers was toe seker al op pad die vergetelheid in, want in die raadsaal was hy definitief nie.
Tien uit tien vir die wyse waarop oud-raadslid De Villiers die waarheid ter wille van ‘n bedekte politieke agenda verkrag!
Wat gee ‘n verkleurmannetjie-oorloper in alle geval om vir ‘n gewetenlose verdraaiing van die waarheid?
Jean Smit (DA-Raadslid)
More
News
|