Die klein dingetjies
2007-08-08
AAN die dame wat op 26 Julie my Toyota voertuigsleutel opgetel het en aan die sekuriteitsbeampte by Woolworths in Lady Greystraat oorhandig het, wil ek net baie dankie sê.
Dit is altyd die klein dingetjies in die lewe wat ons die meeste raak - gebare wat wys iemand dink aan jou. Dit is selfs nog lekkerder as iemand wys hy gee om.
Ek het dié Donderdagmiddag my sakdoek en sleutel in die Pick ’n Pay sentrum verloor.
Op ’n vorige geleentheid, op Vrydagmiddag 6 Julie, het ek ook ’n voertuigsleutel met die voertuig-alarmkontrole aan, op dieselfde plek verloor.
Graag doen ek ’n beroep op die persoon wat dit toe opgetel het, om die item asseblief aan my terug te besorg. Kontak my by 021-871-1708.
Hennie Gerber
More
News
|