Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong mans sterf

Jong mans sterf
 
2007-08-08


’n JONG man is verlede Woensdag dood, toe hy vermoedelik deur ’n skare in Silvertown, Mbekweni, aangeval is.

Adrian Dampies van Egoli, Mbekweni, was vermoedelik onlangs betrokke in verskeie huisbrake in Silvertown.

Toe hy weereens Woensdagaand in dié gebied opgemerk is, het inwoners die gereg in eie hande geneem. Dampies is tydens die voorval doodgeslaan.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

* ’n Sewentienjarige seun het die afgelope naweek nog ’n slagoffer geword van ’n messtekery.

Clinton Fouché van Plumbagolaan, Lantana, het vermoedelik Sondagoggend om 02:00 in ’n stryery betrokke geraak met nog ’n jong man voor ’n smokkelhuis in Magnolia.

Volgens ooggetuies het Fouché glo ’n bottel stukkend geslaan en vir die persoon daarmee gedreig.

Hy is hierna oorweldig en met ’n mes gesteek. Fouché is onderweg na die Paarl Hospitaal in die ambulans dood.

Cameron Claasen (22) van Groenheuwel is in hegtenis geneem.

* ’n Man is in Mbekweni in hegtenis geneem vir besit van ’n gesteelde vuurwapen.

Mzukayise Sikuphela (31) het na bewering verskeie skote in die lug geskiet in ’n sjebeen.

Die polisie stel tans ondersoek in of dié vuurwapen een is van die pistole wat twee weke gelede vanuit ’n sekuriteitsvoertuig gesteel is.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za