Boishaai kry vierde loesing
2007-08-08
DIE Boishaaiers was Saterdag 'n terneergedrukte bondel toe Gimnasium vir die vierde agtereenvolgende jaar koning gekraai het in die hoofwedstryd by Interskole.
Die Gimmies o.19A rugbyspan het in sonnige weer 10-0 klaargespeel met die Boishaaiers, nadat dit die voorafgaande drie dae onafgebroke gesous het.
Die hokkie is Vrydag geseën met goeie weer. Van die sewe wedstryde wat gespeel is, het die gashere drie gewen, drie verloor en een gelykop gespeel.
Die stryd tussen die o.19A's het groot opwinding gelewer met die spanne wat mekaar redelik in toom gehou het.
Dit was egter Gim wat effens sterker was en het hul kragmeting 1-0 gewen.
Oor die algemeen het die interskole in goeie gees geskied. Die spelers en toeskouers het met hul goeie gesindheid en optrede bygedra tot die sukses van Interskole
More
News
|