Dis derbytyd
2007-08-08
DIE derby van Klein Nederburg Sekondêr en New Orleans het reeds Maandag begin met wedstryde in verskeie sportkodes.
Vandag is dit netbal en by die Daljosafat-stadion word die oud-studentewedstryde vanaf 14:00 gespeel. Laerskole en o.19A rugbyspanne van ander skole neem ook deel as deel van die feesjaarvieringe van KN se 30ste bestaansjaar. ’n Dogtersrugbywedstryd sowel as ’n oud-studente-netbalwedstryd gaan ook gespeel word.
Die hoofaantrekkingskrag is die oud-studente A en B rugbyspanne vanaf 18:00. Dié oud-studentedag word afgesluit met ’n disko in die Paarl Krieketklubhuis die aand.
Saterdag vind die belangrike rugbykragmetings by die Faurestraat-veld plaas. Die hoofwedstryd is 16:00.
Die onderwysersfunksie is in die Hoër Jongenskool-klubhuis die aand vanaf 19:00.
More
News
|