Skotnes oor lewe van San
2007-08-08
TYDENS ’n boekbespreking Saterdag om 11:00 op Stellenbosch, sal Pippa Skotnes aan die hand van haar omvattende publikasie “Claim to the Country”, argiefstukke oor die leefwyse van die Khoi-San bespreek.
Die taal en leefwyse van die Khoi-San in die 1870’s is daardie jare nagevors en opgeteken deur Wilhelm Bleek en Lucy Lloyd.
Vandag is die meer as 13 000 bladsye se dokumentasie, toegelig met tekeninge, net as argiefstukke beskikbaar.
Die bespreking is in die Protea Boekwinkel, Stellenbosch. Vir navrae, skakel 021-882-9100.
More
News
|