Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meul draai met musiekmakers

Meul draai met musiekmakers
 
2007-08-08


DIE Ou Meul-teater in die Paarl bied hope vermaak aan vir die volgende paar weke.

Donderdag 16 Augustus om 20:00 is dit die trompetspeler Ghapi, wat optree.

Ghapi is die groot man met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy groot tromstel aan die brand slaan!

Terloops, die groot man se verjaarsdag is ook op 16 Augustus. Kaartjies kos R70.

* Vrydag 17 Augustus is dit “Tribute to Eric Clapton” om 20:00 deur Ian Visser en Peter Vanne.

Hulle sal omtrent 20 van Eric Clapton se liedjies sing, asook ’n paar van ander kunstenaars. Kaartjies kos R95.

* Op Donderdag 23 Augustus en Vrydag 24 Augustus om 20:00 is Gian Groen en sy band te sien met hul optrede Lied van die Engele wat hulle vroeër die jaar by die KKNK gedoen het.

* Donderdag 30 Augustus om 20:00 is dit Langpadstories met die reisjoernalis Dana Snyman, sanger Bachus Nel en digter Kabous Verwoed.

Die drie groot geeste van Afrikaans is tans besig om verskeie siele se koördinate te stel met hul storie-aand genaamd Langpadstories.
Dis onpretensieus en alles gaan rondom die tema, reis. Kaartjies kos R100.

Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za