Die lewe na rehabilitasie
2007-08-08
DIE Christelike Afhanklikheids Diens (CAD) se vergaderlokaal het verskuif vanaf NGKerk Paarl Vallei na die kapel op die plaas Zanddrift Vineyards regoor Boschenmeer.
CAD sal voortaan elke Maandagaand om 19:30 daar vergader. Die onderwerp op Maandag is “Die lewe na behandeling”.
Die CAD nooi enige persoon wie ’n verslawingsprobleem het of gehad het om vergaderings by te woon.
Indien iemand betrokke wil raak, is u welkom.
Kontak Christo Jacobs by 021-863-2076 of 082-256-5006.
More
News
|