Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kursus oor kinderbediening

Kursus oor kinderbediening
 
2007-08-08


HET jy ’n passie om kinders tussen die ouderdom van 3 tot 12 te bedien, maar jy weet nie waar om te begin nie?

’n Inleidende kursus oor verhoudingsgerigte kinderbediening word aangebied deur die sentrum vir Jeug- en Familiebediening, Space, oor twee Saterdae, 18 en 25 Augustus vanaf 09:00 tot 15:00 by die sentrum te Pentzstraat 49, Kromhoutgebou (ou ACVV), Wellington.

Die kursus fokus onder andere op basiese en praktiese kennis rakende die uitkomste van doeltreffende kinderbediening, die fisiese, emosionele en geloofsontwikkeling van kinders.

Metodes word behandel om kinders te bereik en te betrek by die bediening en hoe om die kinderbediening te organiseer en te administreer.

Die aanbieder is Melanie Thirion, gekwalifiseerde Jeugwerker en dosent by die Hugenote Kollege.

Die koste is R250 (dit sluit in kursusmateriaal en verversings).

Vir verdere besonderhede en registrasie, kontak André Smith, sentrumkoördineerder by 021-873-2736.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za