Smit verower goud
2007-08-16
DIE plaaslike atleet Louw Smit (Paarl Atletiekklub) het die afgelope naweek tydens die Afrika Junior Baan- en Veldkampioenskap in Ouagadougou (Burkina Faso) ’n goue medalje verower.
Louw het tydens die 100mH item sy hakskene gewys om die eerste plek in ’n tyd van 13,89s te verower.
Twee ander Suid-Afrikaners (ook van Boland) het ewe goed presteer. Keenan Watson van Maties Atletiekklub het ’n eerste plek behaal in die verspring met ’n afstand van 7,79m, wat ook ’n nuwe Afrika Junior rekord is.
Victor Hogan (Korrektiewe Dienste AK) het goud verower in die skyfwerp (’n nuwe Boland junior rekord) met ’n afstand van 56,65m.
More
News
|