Newton weer op wenpad
2007-08-16
DIE span van Newton Rugbyklub het verlede Donderdag net-net daarin geslaag om Ceres United tydens ’n wegwedstryd met 17-15 te klop.
Die Wellingtonners het tot vyftien minute voor die einde van die wedstryd 17-3 voorgeloop, maar het hul opponente ’n gaping gegee om terug in die wedstryd te kom.
Indien die tuisspan met hul laaste doelskop geslaag het, sou dié spanne gelykop geëindig het.
Newton het Saterdag by Newton-park 18-3 met Touwsrivier afgereken. Henkie Mars, Delwayne Baron en Alshaun Bock het elkeen ’n drie gedruk terwyl Christo Fransman met een strafskop geslaag het.
* Newton Rugbyklub speel Saterdag ’n wegwedstryd teen Wolseley.
More
News
|