Paarl-rugby speel gou klaar met Franschhoek
2007-08-16
DIE Paarl Rugbyklub het verlede Woensdag (soos die weer) alle krane behoorlik oopgedraai tydens ’n wegwedstryd teen Franschhoek.
Die Paarliete het puik rugby gespeel om uiteindelik hul opponente met 43-9 te stoomrol.
Fiksheid en goeie samespel was die grootste bydraende faktore tot hierdie noemenswaardige sege.
Die besoekers het baie onnodige strafskoppe in hul eie gebied afgestaan, maar was hopeloos te sterk op die verdediging en aanval om die Franschhoekers enige houvas op die wedstryd te belet.
Die Paarl-spelers het beďndruk deur ses drieë te druk. Hulle het ook met vyf doelskoppe en een strafskop geslaag terwyl Clive Samuel as speler van die wedstryd aangewys is. * Paarl II het naelskraap 16-15 verloor terwyl Paarl III met 12-7 oor hul teenstanders geseëvier het.
More
News
|