Young Standards is net te sterk vir Riverstones
2007-08-16
DIE span van Young Standards Rugbyklub het verlede Vrydag op 'n nat, modderige veld die botoon gevoer teen 'n begeesterde span van Riverstones.
Die triestige weer het bygedra tot 'n wedstryd wat bitter min hoogtepunte opgelewer het.
Standards het eerste punte aangeteken met 'n skitterdrie deur Brenton van Schoor wat ook verdoel is deur Bevan Francis.
Riverstones het kort voor rustyd hul rekening met 'n strafskop oopgemaak en het in die tweede helfte alles in die stryd gewerp om hulself in die wedstryd te hou.
Goeie verdediging aan die kant van Standards het sake vir hul opponente moeilik gemaak en het ook bygedra tot hul 7-3 oorwinning.
* Young Standards het voorverlede week teen Richmond Rangers te staan gekom by Daljosafat. Die Paarliete het vier drieë gedruk om die wedstryd 29-15 te wen.
More
News
|