Prestige musiek-konsert
2007-08-16
DIE jaarlikse prestige musiekkonsert van Hoër Meisieskool Paarl vind plaas op Donderdag 23 Augustus om 19:00 by die Le Bac Landgoed.
Benewens die skool se kamerkoor, hoërskoolkoor en orkes, sal etlike senior musiekstudente ook as soliste optree.
’n Verskeidenheid van instrumente, onder meer saksofoon en viool sal gehoor word.
Die tweede helfte van die program behoort veral in die smaak van die publiek te val, aangesien daar geleentheid gaan wees vir die jonger en opkomende musieksterre om saam met die skool se orkes te speel.
’n Ander hoogtepunt is ’n medley van Beatle-liedjies, genaamd
“A Tribute to the Beatles” wat deur twee kore en orkes uitgevoer gaan word.
Kaartjies is beskikbaar by die skool teen R35 (leerders R15) en sluit ’n ligte onthaal in.
More
News
|