Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaaiers is die room van rugbykompetisie

Boishaaiers is die room van rugbykompetisie
 
2007-08-16

Jacques Rossouw

DIE eerste rugbyspan van Hoër Jongenskool Paarl is die afgelope naweek bekroon as die wenner (groot skole) van Die Burger se rugbykompetisie wat by Hoërskool Hugenote op Wellington aangebied is.

’n Erg verswakte HJS-span het Donderdag tydens ’n naelbyt-halfeindstryd 13-11 teen Framesby geseëvier om hul plek in die finaal te verseker.

Die Paarliete was tot in die laaste minuut agter, maar ’n strafskop voor die pale het losskakel Matthew Möhle die geleentheid gegee om die wa vir sy span deur die drif te trek.

Boishaai het Saterdag ’n beter vertoning gelewer om Outeniqua (George) 21-0 verslaan.

Hugenote het self tydens hul semi-finaal (medium-grootte skole) ’n harde stryd gehad om 8-5 met Oudtshoorn klaar te speel.

Die Wellingtonners het egter harde bene gekou tydens die finaal nadat Brandwag (Uitenhage) hulle 19-11 geklop het.

* Hoërskool Paarl Gimnasium was veronderstel (as top skool in die WP) om die halfeindstryd teen Framesby te speel, maar was nie beskikbaar vir die kragmetings nie en het HJS die geleentheid gegee om te speel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za