Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taai, taaier, Derby

Taai, taaier, Derby
 
2007-08-16

Lise Beyers

’n TAAIER derby kon daar nie wees nie.

Dit was die algehele gevoel na Saterdag se titaniese stryd tussen Klein Nederburg en New Orleans Sekondêr in die Paarl.

Maar dit was uiteindelik KN se eerste rugbyspan wat op hul dertigste feesjaar met die louere weggestap het met 13-10. En dit vyf jaar nadat hulle die derby laas gewen het.

Van die staanspoor af het hierdie manne in blou en geel gewys dat hulle van plan was om hul skool trots te speel.

Hulle het deurgaans oorheers met balbesit en het geboer in New Orleans se helfte.

NO se sterk agterspel het KN genoop om op hul voorspel te konsentreer en hierdie aanslag het beslis gewerk.

Die skrumwerk van KN was ook uiters indrukwekkend en hulle het keer op keer met hul dryfwerk daarin geslaag om die oorhand oor die spel te kry.

Maar tydens die eerste helfte is vele kanse ook verbrou om punte aan te teken en teen rustyd was daar vir beide spanne steeds geen punte op die telbord nie.

KN het in die openingsoomblikke van die tweede helfte uiteindelik die bal oor die doellyn gekry met ’n skitterdrie wat deur Gavarron Sherman gedruk is.

Kort hierna was dit die beurt van die vlugvoetige Taureen Small om die bal oor die doellyn te kry.

NO het wakkergeskrik en verwoed begin terugveg waarna Bjorn Kidd daarin geslaag het om weg te breek en vir hulle onder die pale te gaan druk.

Die suksesvolle doelskop het die telling tot 10-7 in KN se guns gebring en die spanning het sterk begin opbou.

Albei spanne het ’n strafskop afgestaan en NO het op hierdie stadium van die wedstryd in KN se nek geblaas in desperaatheid om die wen-punte aan te teken.

Dit was egter te laat in die stryd en met die blaas van die eindfluitjie het KN geseëvier.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za