Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Keiser op die planke

Keiser op die planke
 
2007-08-16


DIE teatergroep Cape Heart gaan Bartho Smit se verwerking van die klassieke stuk Die Keiser (gegrond op Hans Christian Andersen se sprokie Die Keiser se Klere) opvoer by Paarl Gimnasium op 24 Augustus om 19:30.

Die werk is voorgeskryf vir graad 12 eerste taal en word ook die oggend en middag vir skoliere opgevoer.

Die stuk is geskryf in 1977 en in 1979 bekroon met die Perskorprys vir letterkunde.

Die storie bly tydloos met ’n revolusionêre ondertoon wat net so sterk tot volwassenes as kinders spreek.

As dramaturg kon Bartho Smit daarin slaag deur ’n oënskynlike mal keiser in sy onderklere voor ’n juigende volk en huilende hofnar in die straat te laat afloop met skreeusnaakse gevolge, terwyl sy vertrouelinge eerder die Keiser verneder en so meer guns werf vir hulself.

Die regie word waargeneem deur Gaerin Hauptfleisch en die geselskap van nege akteurs sluit in onder meer Deon Lotz wat onlangs te sien was in die bekroonde stuk Festen, as die Keiser.

Esther von Waltsleben is die Keiserin. Chris Fourie, André Samuels en Irvine van der Merwe vertolk rolle as kabinetministers.

Jan-Hendrik Opperman en Stephanie Hough speel die wewers en Riaan Visman is die Hofnar. Eben Genis vertolk verskeie rolle.

Toegangsgeld vir groepbesprekings van tien en meer kan verkry word teen R25 per leerder of R40 per persoon.

Vir navrae, skakel Gert du Preez op 082-787-1707.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za