Lewendig in die Ou Meul-teater
2007-08-16
DIE Ou Meul-teater in die Paarl bied hope vermaak aan vir die volgende paar weke.
Vanaand om 20:00 is dit die rocksensasie Ghapi wat optree.
Ghapi is die groot man, met die groot stem, met die groot bos hare, wat sy groot tromstel aan die brand slaan! Kaartjies R70.
Vrydagaand is dit “Tribute to Eric Clapton” om 20:00 met Ian Visser en Peter Vanne. Hulle sal omtrent twintig van Eric Clapton se liedjies sing en ’n paar ander kunstenaars se liedjies om ’n verskeidenheid te voorsien. Kaartjies kos R95.
Op Donderdag 23 en Vrydag 24 Augustus om 20:00 is Gian Groen en sy band te sien met hul show Lied van die Engele wat hulle vroeër die jaar by KKNK gedoen het.
Die Gian Groen Band is bekend vir hulle gesofistikeerde aanslag met ’n verskeidenheid van rock tot folk gekombineer met goeie, deurdenkte lirieke wat beloof om enige gehoor te betower.
Donderdag 30 Augustus om 20:00 is dit “Langpadstories” met die reisjoernalis Dana Snyman, sanger Bacchus Nel en digter Kabous Verwoed.
Dis onpretensieus en alles gaan rondom die tema, reis. Kaartjies kos R100.
Vir besprekings en meer besonderhede, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.
More
News
|