Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Laat ons asseblief tog net met rus

Laat ons asseblief tog net met rus
 
2007-08-16


HET die eienaars van Hoenderkop/Oukraal in Noorder-Paarl al ooit daaraan gedink dat net oorkant die pad is ’n residensiële woongebied.

Hierdie persone werk deur die dag, spandeer baie geld om hul huise en munisipale rekenings te betaal.

Saans wil hulle as gesin rustig verkeer en gaan slaap wanneer hul wil en ’n rustige nagrus geniet.

Maar met julle oorkant die straat wat musiek maak Woensdae, Vrydae en Saterdae tot 02:00, kan niemand rustig verkeer nie.

Daarna moet ons wakker lę en luister na aspirant motor- en motorfietsjaers wat vanaf Hoenderkop vertrek, veral een persoon wat sy motorfiets elke keer so hard as moontlik moet laat raas.

In 2005 is hierdie probleem al met die Drakenstein Munisipaliteit bespreek. Soos julle sal onthou het die Munisipaliteit dit met julle bespreek.

Daar is belowe dat die musiek sag gehou sal word, wat julle wel aan die begin gedoen het, maar dit het nie lank gehou nie.

Soos ons almal weet deur die briewe wat die afgelope maande in die Paarl Post verskyn het, kry die wetsgehoorsame inwoner min simpatie van die Drakenstein Munisipaliteit wat geraas betref, hoewel hulle goed weet dat hulle verplig is om die Omgewingsbewarings Wet 1989: Regulasie 4 wat betref “Plaaslike Geraas” toe te pas.

Dus versoek ek die eienaars van die Hoenderkop om soms vir ons ook in aanmerking te neem.

Anoniem

**

Die bestuur van Hoenderkop reageer: Ons is jammer oor die probleem - dit sal ons onmiddellike aandag geniet.

Ons het wel ’n vergadering in 2005 gehad met die Munisipaliteit en daar is besluit dat enige van die bure wat klagtes het gerus met ons kan skakel om sodoende die probleem aan te spreek indien musiek te hard is.

Ons wil bitter graag saamwerk met die bure om hulle hul rus en vrede te gee net soos ons ’n gesonde kuierplek vir die res wil verseker.

Aan die skrywe lyk dit vir my of dit vir twee jaar goed gegaan het. Ons sal onmiddellik aandag aan die probleem gee.

Wat die jaagduiwels betref, kan ons nie verantwoording neem nie, aangesien die betrokkenes dit laat gebeur sodra hulle buite ons hekke is.

Ons sal dit self waardeer as die verkeersafdeling die mense aan die pen laat ry.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za