Leefstyl kalender
2007-08-16
Presentation. A multi-media presentation on the Bible will be held at La Rochelle Primary in Paarl tomorrow evening at 19:00 by Dr Johan Kruger of Creation Ministries International (CMI) South Africa. Admission is free. For enquiries, phone Matty Ladds on 082-896-4789.
Gospel concert. A gospel concert featuring the Paarl Valley gospel choir will be held on Sunday at the Mbekweni community hall. The choir consists of 14 men from different churches in Mbekweni and they will be hosting their first show on that day. The Abantwana Boxolo choir from Mbekweni will be singing in Mossel Bay and George in September.
Skeppingsdoel. Die prediker Sarel du Plessis van Woord in Aksie praat Maandag om 19:30 oor “Ontdek jou Skeppingsdoel” in die klipkapel by Zanddrift Vineyards regoor Boschenmeer. Dit word gratis aangebied deur die Christelike Afhanklikheids Diens (CAD). Almal wat belang stel om hierdie spreker te hoor, is baie welkom. Jy sal ’n hele nuwe uitkyk op die lewe hê en ook ontdek dat dit is lekker om te lewe en om mens te wees. Vir meer besonderhede, skakel die voorsitter, Christo Jacobs, by 021-863-2076 of 082-256-5006.
Kinderbediening. ’n Kursus oor kinderbediening word aangebied deur die sentrum vir Jeug en Familiebediening, Space op Wellington. Die kursus oor twee Saterdae, 18 en 25 Augustus vanaf 09:00 tot 15:00, word by die sentrum te Pentzstraat 49, Kromhoutgebou (ou ACVV), Wellington gehou. Die kursus fokus op kinderbediening, geloofsontwikkeling, metodes om kinders te betrek en hoe om die kinderbediening te administreer. Die aanbieder is Melanie Thirion, dosent by die Hugenote Kollege. Die koste is R250. Kontak André Smith, by 021-873-2736.
Sangaand. Die Paarl Community Church in Solomonstraat, Paarl-Oos, bied die “Ek Kan” sangaand aan met Simon Seekoei in die Strauss-saal Sondag 26 Augustus om 19:00. Kaartjies (R25) beskikbaar by Jeanette Abrahams. Skakel 021-862-2694 of 072-191-8999.
Kamp. Voluit vir Jesus kamp word aangebied van 14 tot 16 September by Sandbaai op Hermanus. Die koste is R390 (verblyf en etes ingesluit). Kontak Ilze by 021-881-3708.
Compassionate Friends. Daar is ’n ondersteuningsgroep in die Paarl vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het. Navrae by 021-872-3613.
Tik-hulp. Die St Josephs AME-kerk in Bougaardstraat, Paarl, bied berading en voorbidding vir mense wat met die Tik-probleem worstel. Skakel eerw Keith Links by 076-450-4198 oor byeenkomste Dinsdae en Donderdae van 10:00 tot 12:00.
Drug Abuse. Do you or a member of your family have a problem with substance abuse? Drug Wise can help. Call Anne-Marie at 021-872-3297.
Diabeet. Vergaderings vir diabete en belangstellendes word elke derde Woensdag van die maand gehou in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl. Navrae by suster Kamaretha Beckert by 021-871-1808 of Gerrit Malan 021-871-1389.
Uitstallings. By die Breytenbachsentrum op Wellington word behalwe uitstallings, funksies en seminare, ook drama en mosaïek en keramiekklasse aangebied. Skakel Lelani by die sentrum by 021-873-2786.
More
News
|