Burgemeester is bekommerd
2007-08-16
DIE burgemeester van Drakenstein, Koos Louw, het by die onlangse burgemeesterskomiteevergadering voorstelle gemaak om dié komitee saam met die Raad meer effektief te maak.
“Komitees moet in werking gestel word sodat insette gekry kan word van alle partye op die Raad.
“’n Omsendbrief van een bladsy moet saam met die munisipale rekening gestuur word op ’n kwartaallikse basis om mense op hoogte te hou wat ons as raad doen.
“Daar moet ook ondersoek ingestel word na die manier hoe korrespondensie by die Munisipaliteit hanteer word,” het Louw die vergadering meegedeel. Hy het verder sy bekommernis uitgespreek oor werk wat gedoen moet word wat betref die 2010 sokkerbod.
More
News
|