Mej Boland gesoek
2007-08-16
DIE kroning van Mej Boland 2007 vind Woensdag plaas in die Paarlse stadsaal.
Die kaartjies vir die gala-aand waar ’n senior en junior mej Boland gekies word, is R120 (verversings ingesluit).
Kontak Isidora Bosch by 078-353-1590 vir kaartjies en navrae. Kaartjies ook te koop by Hyper Materiaal in Bredastraat.
Die fondse is ten bate van die Paarlse Stimulasiesentrum vir gestremde kinders asook die ATKV.
More
News
|