Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisieman op en wakker

Polisieman op en wakker
 
2007-08-16


VIER mans, insluitend twee minderjariges, is Donderdag op heterdaad in die Paarl betrap toe hulle met gesteelde goedere wou ontsnap.

’n Polisieman van Robertson wat van diens af was, het toevallig op die Paryspad gery toe hy op die verdagte toneel afgekom het.

Die mans was te voet met besproeiingspype onderweg vanaf Groot Parys plaas na ’n motor langs die pad.

Die polisieman het dadelik die Paarl polisiekantoor gekontak en die mans is in hegtenis geneem.

Na verdere ondersoek is daar vasgestel dat hul voertuig in Worcester gesteel is.

* Twee mans is die afgelope naweek aan meswonde dood.

Vroeg Sondagoggend is Jan Swarts (19) op die trappe van Blesbok-woonstelle doodgesteek tydens ’n onderonsie met ’n ander man. Hy het ’n meswond in sy nek opgedoen.

Johan Michaels (43) is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Voorverlede naweek het ’n soortgelyke voorval voor ’n smokkelhuis in Magnolia plaasgevind.

Die sewentienjarige Clinton Fouché van Plumbagolaan, Lantana, is ook dood aan ’n meswond in die nek.

Cameron Claasen (22) is in verband hiermee in hegtenis geneem.

Nog ’n slagoffer, Eric Komani (34) is in Groot Drakenstein dood, ook toe hy met ’n mes gesteek is. Patrick Mbalo is in hegtenis geneem.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za