Hoekom is ek angstig?
2007-08-16
DIE volgende byeenkoms van die angs- en depressie-ondersteuningsgroep vind plaas Maandag om 19:00 in die Paarl.
Daar sal gesels word oor angs en angsverwante probleme aan die hand van twee vrae: wat is besig om met my te gebeur en hoekom gebeur dit met my?
Die doel van die groep is om ondersteuning te bied aan mense van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, persone in die herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied.
Belangstellendes kom byeen in die lesinglokaal van Sereno Clinic in die Optenhosp-gebou op die hoek van Berlyn- en Optenhorststrate.
Bywoning is gratis.
Navrae by Mientie Kroukamp 021-872-7466.
More
News
|