Pret vir Jeugdag
2005-06-02
DIE Gesondheidsbevorderaars van Drakenstein beplan ’n Jeugdagviering vir Donderdag 16 Junie, in samewerking met verskillende rolspelers soos Love Life, Drakenstein Munisipaliteit, Radio KC en die Onderwysdepartement.
Die tema vir die dag is “A Force for Behaviour Change”.
Die doel is om inligting oor seksualiteit oor te dra, met die klem op seksuele gedrag in die gemeenskap en binne verhoudings.
Die tiener leer ook om verantwoordelike besluite te neem rondom seks.
Die organiseerders beoog om graad 8 tot 10 leerders van alle skole in die Paarl en Wellington omgewing te betrek.
Die program begin die oggend om 08:15 met leerders wat by Orleanspark byeenkom vir ’n optog tot by Daljosafat-stadion. Hier sal Herman Bailey en Clarence Johnson, onderskeidelik burgemeesters van Drakenstein en Kaapse Wynland, kort toesprake hou, voordat die verskillende programme om 11:00 begin.
Leerders kan registreer vir Smart Moves, debatvoering, fiksheid en motivering.
Navrae kan gerig word aan Leonie Smith, 872-1711 x2458/2361 of 082-931-8470.
More
News
|