ADHD vergadering
2007-08-16
’n VERGADERING van die ADHD-ondersteuningsgroep in die Paarl word Woensdag 22 Augustus om 19:00 gehou.
Die skryfster van kinderboeke, Nokkie Hartman, is die spreker by die vergadering oor aandagafleibare kinders in die Chevéveld klubhuis in Meulstraat.
Sy is hoof van die remediërende afdeling by die Et Al Terapie en Leersentrum in Somerset-Wes.
Die onderwerp van bespreking is “Huiswerk! Ween julle of werk julle?”.
Toegang is R10.
Bespreek by Retha van Wyk by 021-872-5620 of Jeanne Combrink by 021-872-6653.
More
News
|