Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Praat en speel Afrikaans

Praat en speel Afrikaans
 
2007-08-16


AS deel van Afrikaansweek kan feesgangers vanaand luister na Petro Rhode van Radio KC en ander skrywers en musikante by Oppie Stoepe in Paarl-Oos.

Die Afrikaanse Taalmuseum en ander organisasies in die Paarl het weer saamgespan om ’n uiteenlopende program aan te bied, tot die naweek.

Die feesprogram is gepak met teater- en musiekvertonings, ’n letterkundevasvra, tradisionele Kaapse geregte en praatjies deur bekendes.

Petro Rhode en haar kollegas uit die musiek en skryfwęreld, tree vanaand om 19:00 op “Met vers en melodie” by die Ivanhoe-gebou in Klein Drakensteinweg.

Die tydskrif Sarie se bekende rubriekskrywer, André le Roux, sal môre as spreker optree by ’n 10:00 vroue-oggendtee aangebied deur die Dameskring by die Toringkerksaal in die Paarl. Bespreek by Ria de Goede, 021-872-9602.

Die bekroonde wynmaker en Pinotage koning, Beyers Truter, kuier ook môre by ’n sop en broodaand vir 55-plussers. Met sy groot passie vir rooiwyn, vertel Truter om 19:00 dat “Pinotage praat Afrikaans” in die saal van die NG Gemeente Agter-Paarl. Bespreek by Frouwien du Toit by 021-872-2856.

Saterdag is ’n dag vir koek, koffie en sjokolade-musieknote om 11:00 op Paarlberg. Die Taalmonument Restaurant sal op dié dag ’n smaaklike vonkelwynontbyt voorsit terwyl Marissa van Zyl gaste vermaak met ’n vertoning oor die geskiedenis van Afrikaanse musiekopnames. Bespreek by 021-863-2800.

Kaapse kuierkos is Sondag daar op die spyskaart. Smul in die Taalmonument Restaurant aan ’n tradisionele driegang-maaltyd, bedien met Boland Kelder wyn terwyl Koos Koegelenberg op sy trekklavier speel.

Die Taalmuseum neem ook vanjaar deel aan die Shiraz-fees wat Saterdag en Sondag by Nederburg plaasvind.

Die Afrikaansweekprogram is beskikbaar by www.taalmuseum.co.za of by 021-872-3441.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za