Idees op tafel
2007-08-16
TIK, tuberkulose, die invloed van selfone, klimaatsverandering en gifstowwe, griepinspuitings en die Cederberge se luiperds is van die onderwerpe wat deur inskrywings vir vanjaar se Stellenbosch streekskompetisie vir Jong Wetenskaplikes ondersoek word.
Die streekskompetisie, wat meer as 470 kinders van 45 skole uit die Boland, Overberg en Weskus gelok het, vind op 23-24 Augustus in die Langenhoven Studentesentrum (die Neelsie) op die kampus van die Universiteit Stellenbosch plaas.
Belangstellendes kan Vrydag van 11:00 kom loer na die 270 projekte, blink planne en idees van môre se ontluikende, jong natuurwetenskaplikes, gesondheidspesialiste, sosiale wetenskaplikes en ingenieurs.
Bywoning is gratis.
More
News
|