Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Violets mis net-net uit op sege

Violets mis net-net uit op sege
 
2005-06-02


DIE Violets-span van Paarl kon nie Saterdag teen hul naamgenote van Lansdowne die mas opkom nie en moes 11-10 in die stof byt.

Die Paarliete het een van hul beste wedstryde van die seisoen gespeel, maar gebrekkige afronding het hul poging laat skipbreuk ly.

In Lansdowne was dit die besoekers wat die vaste fasette oorheers het, maar kon nie dié voordeel in punte omskep nie.

Daarby het Paarl Violets sodra hulle op die tuisspan se doellyn was, strafskoppe afgestaan.

Die Paarliete het rustyd 7-0 voorgeloop nadat Alexander America druk en Malvern Pietersen verdoel.

In die tweede helfte antwoord Violets met ’n drie en twee strafskoppe.
’n Verdere strafskop deur Pietersen was nie genoeg om die Paarliete met ’n glimlag huis toe te stuur nie.

Die tweede span wen 7-6 en die derde span verloor 15-7.

* Violets Rugbyklub kan deesdae ordentlik hul skrumwerk oefen, danksy ’n nuwe skrummasjien wat die WP Rugby Unie aan die klub geskenk het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za