Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons se droewige seisoen duur voort

Newtons se droewige seisoen duur voort
 
2005-06-02


HULLE het die seisoen met ’n gelykop-uitslag afgeskop en Saterdag het Newtons die eerste ronde van die Superliga A2 op dieselfde wyse geëindig.

Newtons het in hul tuiswedstryd 8-8 gelykop gespeel teen Brandvlei Perseverance.

Die voorspelers het soos in die verlede hul man gestaan en dan ook oorheers in die vaste fasette van die spel.

Newtons was rustyd 3-0 voor nadat Andrew Shand (losskakel) in die kol was met ’n strafskop.

Die was egter die laaste punte deur Shand, wat in die tweede helfte drie maklike pogings pale toe gemis het.

Jonathan Schalkwyk (senter) het Newtons se enigste drie gedruk om die telling 8-0 te maak.

Perseverance het egter die laaste 20 minute van spel oorheers en slaan terug met ’n drie en strafskop.

Newtons se uitblinkers was die flanke Jacquin Johannes (k) en Clayton Hendricks, die senters Schalkwyk en Reginald Manuel, asook die slotte George Siebritz en Mario Linnert.

Dit was tot op hede omtrent ’n gewipplankryery vir Newtons wat tans agste (uit 11 spanne) op die punteleer lê.

Newtons sal beslis hul sokkies in die tweede helfte van die seisoen moet optrek indien hulle nog enige sê in die kompetisie wil hê.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za