Musiek by kerslig
2007-08-23
DIE ATKV Paarl bied ’n gesellige saamkuier-aand aan op Vrydag 7 September om 19:30 by die Nege Eike lokaal, Agter-Paarl.
’n Ligte ete met ligte musiek in die agtergrond sal die regte atmosfeer skep vir ’n lekker saamkuier om kerslig.
Lede en belangstellendes is welkom. Kaartjies kos R80.
Skakel Sandra by 084-419-0761 of Marianna 083-302-5612 vir kaartjies.
More
News
|