Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reuse-daggavonds op N1

Reuse-daggavonds op N1
 
2007-08-23


地 REUSE dagga-vonds is vroeg Maandagoggend toevallig deur die Klapmuts polisie gemaak tydens 地 roetine-ondersoek.

地 Patrollie-wa wat diens gedoen het op die N1, het 地 vragmotor langs die pad sien staan.

Hulle het ondersoek ingestel in geval die bestuurder van die vragmotor hulp nodig het.

Toe hulle stilhou, het hulle 地 ander voertuig ook daar sien staan en drie mans was besig om groot sakke vanuit die vragmotor na die motor oor te laai.

Twee van die mans het dadelik gevlug toe hulle die polisie gewaar, terwyl die bestuurder van die vragmotor homself aan die polisie oorgegee het.

Een van die voortvlugtiges is kort daarna vasgetrek.

Die polisie was verstom toe hulle die sakke ondersoek het en gevind het dat hulle vol dagga gestop was.

Daar is later vasgestel dat altesame 217kg dagga in die sewe sakke versteek was.

Die vragmotor wat vermoedelik landbouvoorrade vanaf Durban na Kaapstad vervoer het, is gebruik as die smokkelvoertuig.

Die dagga het 地 geskatte straat-waarde van meer as R100 000.

Twee mans, Tom Herron en Mlugisi Mabazu, albei van Durban, is in hegtenis geneem, asook 地 vrou, Nomasanto Noqekeda, van Nyanga.

* The Klapmuts police seized a huge amount of dagga when they stopped to assist a truck driver.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za