Die Keiser op Paarlse troon
2007-08-23
DIE klassieke stuk Die Keiser (gegrond op Hans Christian Andersen se sprokie Die Keiser se Klere) wat verwerk is deur Bartho Smith, word opgevoer deur die teatergroep Cape Heart in die Paarl Gimnasium môre om 19:30.
Die werk is voorgeskryf vir graad 12 eerste taal en word ook die oggend en middag vir skoliere opgevoer.
As dramaturg kon Bartho Smit daarin slaag deur ’n oënskynlike mal keiser in sy onderklere voor ’n juigende volk en huilende hofnar in die straat te laat afloop met skreeusnaakse gevolge, terwyl sy vertrouelinge eerder die Keiser verneder en so meer guns werf vir hulself.
Esther von Waltsleben is die Keiserin. Chris Fourie, André Samuels en Irvine van der Merwe vertolk rolle as kabinetministers.
Jan-Hendrik Opperman en Stephanie Hough speel die wewers en Riaan Visman is die Hofnar. Eben Genis vertolk verskeie rolle.
Toegangsgeld vir groepbesprekings van tien en meer kan verkry word teen R25 per leerder of R40 per persoon.
Vir navrae, skakel Gert du Preez op 082-787-1707.
More
News
|