Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gian Groen wei by Meul

Gian Groen wei by Meul
 
2007-08-23


DIS vanaand tyd vir Gian Groen en Band om hul Lied van die Engele, wat hulle vroeër die jaar by KKNK op die verhoog gehad het, om by die Ou Meul-teater op te tree.

Lied van die Engele is die antwoord op die vraag “Waar kry jy jou inspirasie?”

Die Gian Groen Band is bekend vir ’n gesofistikeerde aanslag met ’n verskeidenheid van rock tot folk gekombineer met goeie, deurdenkte lirieke wat gehore betower.

Gian is tans besig met opnames vir ’n volgende CD en sal ’n paar van die nuwe liedjies byvoeg vir die vertoning.

Groen is die afgelope agt jaar besig om homself as een van die land se voorste liedjieskrywers te vestig.

Sy eerste sukses het gekom toe Laurika Rauch sy Vier Seisoene Kind as titelsnit vir haar CD gebruik het.

Daarna het Gian vir verskeie groot name in die bedryf begin skryf, maar is deesdae ook al hoe meer te sien as verhoogkunstenaar. Kaartjies kos R70 by 083-564-0056.

* Op 30 Augustus om 20:00 gee skrywer en reisjoernalis Dana Snyman, sanger Bacchus Nel en digter Kabous Verwoed elk ’n eiesoortige uitkyk op die lewe in Langpadstories, ook by die Ou Meul om 20:00.

Dana vertel stories oor boere, boemelaars, swanger kroegmeisies en ’n ou wat 42 keer ná mekaar na Steve Hofmeyr se liedjie Pampoen geluister het.

Al drie deel hul woorde van alleenheid, misdaad, die dood en alkoholisme.

Die kaartjies kos R100.

Vir besprekings vir vertonings om 20:00, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za